Taraxacum officinale

Perdeblom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
T. officinale
Binomiale naam
Taraxacum officinale

Die perdeblom (Taraxacum officinale) is 'n spesie uit die komposietefamilie Asteraceae. In hierdie familie is die blommetjies baie gereduseer en staan dig op mekaar in blomhofies. In perdeblomme is die blomhofies geel en hulle kan 'n hele veld geel kleur. Perdeblomme is uitheems aan Suid-Afrika. Hulle stam oorspronklik uit Europa en Asië maar deur die mens het hulle oor die hele wêreld verspreid geraak. In tuine is dit 'n bekende onkruid.

Die blare vorm 'n roset en indien hulle gekneus word vloei daar 'n wit, melkagtige sap wat bruin vlekke veroorsaak. Die plant het 'n penwortel wat desimeters diep kan groei. Indien dit afbreek kan dit nuwe rosette veroorsaak. Die voortplanting verloop dikwels sonder bevrugting, deur apomiksie. Dit veroorsaak groepe plante wat min verskil in genetiese en morfologiese eienskappe en wat mikrospesies genoem word. Net in Nederland is daar reeds 250 van hierdie mikrospesies aangetref.

Die vrug is eintlik 'n nootjie en dit word met sy vrugpluis deur die wind verspreid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search